FET WEEK – GALLERY

Op die reënerige Dinsdag, 5 Augustus 2014, het Stellenbosch Kampus die voorreg gehad om ‘n klompie leerders van omliggende skole op kampus te hê en hulle te wys waaroor Boland Kollege gaan, asook bietjie studente lewe, ens. Die leerders het die voorreg gehad om deel te neem aan praktiese klasse by Gasvryheid, Toerisme en Finansiële Bestuur.

Die geleentheid was ook gebruik om vir hulle te vertel van die beurse wat beskikbaar is by Boland Kollege, hoe om aansoek te doen en wat hulle kan verwag gedurende hulle studies hier op kampus. Die doel van hierdie “FET Open Week” is om aan Hoërskool leerders aan moontlike studie rigtings bloot te stel en aan te moedig vir studies na skool, veral in die area wat fokus op die tegniese en praktiese rigtings.